Oor Ons
Vir die Verouderd
Incolae beteken "bewoners" of "inwoners" in Latyn
Incolae Tehuis vir Bejaardes is gevestig in 1970 en is sedertdien in privaat besit van die gesin van Anton Louw en Matron Elize Ralph. Hul strewe is om aan die inwoners 'n vriendelike en veilige tuiste te bied. Dit is geleë in 'n landelike gebied naby 'n rivier. Die boomryke tuine en lowergroen grasperke is 'n ware lushof.
Die tehuis lok bejaardes van oral wat persoonlike versorging in a huislike atmosfeer wil geniet. Matrone Ralph asook Anton Louw is enige tyd beskikbaar om enige navrae te beantwoord. U is ook welkom om besoek te kom aflê en die tehuis te kom besigtig