|
||||
Incolae wat "bewoners" of "inwoners" beteken in Latyn, is 'n tehuis vir bejaardes. Dit is geleë in 'n landelike gebied naby 'n rivier. Die boomryke tuine en lowergroen grasperke is 'n ware lushof. Die tehuis lok bejaardes van oral wat persoonlike versorging in a huislike atmosfeer wil geniet. Incolae Tehuis vir Bejaardes is geleë in Muldersdrift, Gauteng, Suid-Afrika. Die tehuis is gevestig in 1970 en is sedertdien in privaat besit van die gesin. Hul strewe is om aan die inwoners 'n vriendelike en veilige tuiste te bied.
|
||||
Kopiereg © 2009 Incolae Home (Pty) Ltd | English
|
||||